Anibrand Fees 2016

concert venue
23 Barkley Street, Uitenhage AH
Uitenhage, Eastern Cape
Anibrand Fees 2016 Logo

REVIEWS

START YOUR REVIEW OF Anibrand Fees 2016
First, your rating here
 
Your review here

PHOTO GALLERY

ABOUT US

Anibrand se vreugdevure gaan Februarie nog hoër brand want hierdie gemeenskapsfees word in ’n nuwe formaat, nog groter en beter aangebied. ’n Fees vir almal om te ontspan en te vergeet van alledaagse uitdagings terwyl van ons land se bekendste kunstenaars feesgangers vermaak.

Die organisering van Anibrand is oorgeneem deur vrywilligers om te verseker dat die fees vir Uitenhage behoue bly, aangesien Die Brandwag Hoërskool nie meer die fees wou aanbied nie.

As gemeenskapsfees sal projekte in die omgewing ondersteun word waar nodig. Geestesgesondheid se huise vir gestremde persone is as 2016 se begunstigdes aangewys.

Alle besoekers en belangstellendes word versoek om die water projek te ondersteun. Kleingeld kan in ons geseëlde houers gegooi word as bydrae tot die Gee Water-Gee Lewe inisiatief. Water sal dan met die bydraes aangekoop word en na die droogte geteisterde dele van ons land gestuur word.

Die kosprojek, Ons-Brand-vir-die-Gemeenskap gaan steeds voort en besoekers word versoek om nie-bederfbare kos feesterrein toe te bring. Direk na die fees word die kos versprei aan skole in die omgewing, wat dit in hulle projekte gebruik waar hulle gesinne ondersteun waar nodig. Ons mikpunt vir 2016 is 4000 eenhede.

Op Donderdag, 25 Februarie skop die fees af in die Kuiertent met hoofkunstenaar, Andries Vermeulen wat die hele aand vermaak sal verskaf. Andries se vertoning begin 19:00. Die hekke maak 18:00 oop en die voorprogram word aangebied deur plaaslike kunstenaars: Semandie Gerber en Roelof Erasmus, wat optree van 18:00 tot 19:00. Maak jouself reg vir ‘n aand van lekker lag en heerlik ontspan. Bekende plaaslike kunstenaar en radio aanbieder, Gerrit de Jager sal optree as seremoniemeester.

Vrydag, 26 Februarie is dit Emo Adams en Nic Stevens se beurt om Anibrand vuurwarm te hou in die Kuiertent. Emo Adams se vertoning begin 20:00 met Nic Stevens direk daarna. Die hekke maak 18:00 oop en die voorprogram word aangebied deur plaaslike Kunstenaars: Chantelle Bosch, Martin Maroon en Donovan Vallance, Gerrit de Jager sal optree as seremoniemeester.

Beide Donderdagaand en Vrydagaand se optredes word in die Kuiertent aangebied met bespreekte plekke of tafelbesprekings. Hekke open by albei vertonings om 18:00 wanneer plaaslike kunstenaars eerste sal optree. Skoliere is welkom om albei vertonings by te woon. Kaartjies vir hierdie vertonings sal by Barklystraat Teater en Westway Café verkoop word.

Saterdag, 27 Februarie is dit voldag feestyd met bekende kunstenaars op die hoofverhoog soos Willem Botha, Ashley Pienaar, Blackbyrd, Lianie May, Jay, Theuns Jordaan, Snotkop en Francois van Coke.

Voorvertonings op die hoofverhoog sluit in kunstenaars soos Semandie Gerber; Chantelle Bosch; Gerrit de Jager; Martin Maroon en Donovan Vallance. Brink Botha en Vriende sal besoekers in die Kuiertent vermaak tot net voor die rugby wat op die groot skerm gewys gaan word.

Kunstenaars op die Kunsmarkverhoog sluit onder andere in Githe Alberts; Lizanne Olivier; Matthew Beckett; Roelof Erasmus, Shaylene de Jager, Charmy de Jager en R-Miquel Mostert.

Vir die eerste keer gaan ’n fees-vir-die-gees deel van Anibrand wees wanneer gospelsangers op Sondag, 28 Februarie optree. Jukebox-piekniek van kykNET bied aan: die Christadelphians; 4Faith; Joe Niemand; Pieter Koen, Leah; Jennifer Zamudio en Bobby van Jaarsveld.

Die gewilde uitstalling van kuns en crafts sal weer by Barklystraat Teater aangebied word. Kom geniet die kunste in ‘n rustige omgewing en kuier by die Koffietuin. Tye: Donderdag, 25/02 van 17:00 tot 20:00; Vrydag 26/02 van 14:00 tot 18:00 en Saterdag, 27/02 van 10:00 tot 18:00.

Die Brandwag Hoërskool is steeds die feesterrein en nuwe uitstallers sluit in jetski’s; 4x4 toerusting. Groot opwinding word verwag by die boerboel vertoning (14:00 by die pretpark) ; Anibrand Talentkompetisie, (09:30 op die hoofverhoog). Inskrywings gratis, kliek hier om die inskrywingsvorms af te laai. en die SAP Hondevertoning (12:00 by die hoofverhoog) wat op Saterdag 27/02 sal plaasvind.

Kinders word opgepas in ‘n veilige area waar Popsi en vriende hulle sal vermaak. Ouers kan met geruste hart die fees geniet terwyl kinders heerlik speel. Popsi sal Saterdag en Sondag op die tennisbane wees by die Kunsmark.

Alle navrae t.o.v die fees moet asseblief gerig word aan Anibrand se komitee deur die feeskantoor selfoonnommer (074 867 5050) te skakel of epos adresse soos op webtuiste. Anibrand is ‘n Fees met Gees – moet dit nie mis nie.

SPECIALS

EVENTS

DOCUMENTS

MEET THE TEAM

NEWS BLOG