Evangelies Gereformeerde Kerk

So sê die Here
3 Elizabeth Street
Hankey, Eastern Cape
Evangelies Gereformeerde Kerk Logo

REVIEWS

START YOUR REVIEW OF Evangelies Gereformeerde Kerk
First, your rating here
 
Your review here

ABOUT US

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is 'n lewenskragtige evangeliese kerk wat op 'n Gereformeerde grondslag berus. Moontlik het u nog nooit met die Kerk kennis gemaak nie.

Dit mag selfs wees dat u nog nooit van die Kerk gehoor het nie. Deur verdraaide of gebrekkige inligting mag dit wees dat u 'n verkeerde begrip omtrent die Kerk het.

  • Ons aanbidding
  • Ons toerus van mekaar vir bediening
  • Ons persoonlike lewenstyl
  • Ons omgee vir mekaar
  • Ons uitdra van God se evangelie aan die wêreld

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika reik die hand van vriendskap en welwillendheid na elke Christus-belydende Kerk. Hierdie Kerk distansieer hom geheel en al van die Wêreldraad van Kerke sowel as die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en alle ander affiliasies van genoemde rade.

Ons beskou dit as 'n besondere voorreg om u langs hierdie weg in te lig en beter kennis te laat maak met die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika

SERVICES

Silwerjeug

Sedert 1960, na ‘n duidelike roeping, was ek direk betrokke by die Christelike Jeugvereniging. Na 40 jaar het ek uitgetree. Vir jare lank was ek reeds bewus van die geweldige leemte wat daar bestaan ten opsigte van die Senior Burgers van ons Kerk. Die Heer het deur die werking van die Heilige Gees ‘n las op my hart geplaas om iets daadwerkliks daaraan te doen.

So is ‘n Senior Burgergroep in Krugersdorp op die been ge­bring. Vir ‘n jaar lank het ons elke 14 dae byeengekom. Die byeen­komste het die vorm aangeneem van bidure afgewissel met ge­sellige geleenthede. Tweekeer het ons as groep vir ‘n week na Klein Kariba gegaan. Sedert 1993 het die Badplaastoer ‘n jaarlikse instelling geword.

Na sinodale toestemming is die Silwerjeug-Aksie van die Evangelies-Gereformeerde Kerk geloods. ‘n Sentrale liggaam is saamgestel en takke – elk met ‘n volwaardige bestuur, is gestig. Dit het soos ‘n veldbrand versprei en ons harte is in aanbidding teenoor die Here vir sy seën.

Byeenkomste

Die volgende 3 byeenkomste het ‘n jaar­likse instelling geword: ‘n Saam­trek tydens Maart; ‘n Silwerjeug-Konferensie te Eden in September en in Oktober hou ons ‘n sangfees waaraan oud en jonk kan deelneem (2004 se datums is in die Desemberuitgawe van 2003).

‘n Baie spesiale byeenkoms wat deur die SJA gereël is, was die 89ste verjaardagviering van die oudste lewende tweeling in ons land, di. Willie en Adam Grobler. By hierdie ge­leentheid is ‘n tjek aan albei oor­handig.

Die belangstelling was oorweldigend en die tafels het gekraak onder die heerlike ver­versings wat deur almal bygedra is. Ons was selfs bevoorreg om ‘n televisie-span van die SAUK in ons midde te hê.

Vir die toekoms is dit ons hartewens dat ‘n Silwerjeugtak in elke gemeente gestig sal word. Verder is dit ‘n groot behoefte om ‘n hand uit te reik na ons ouer emeritus leraars en die weduwees van ontslape predikante. In hierdie verband is daar reeds donasies ontvang en aan verskeie persone oorhandig.

CVV - Vroue Vereeniging

Die Sentrale Kommissie tesame met elke gemeentelike vrouevereniging stel hul ten doel om Jesus se opdrag in Matt. 28:19 – “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies” te gehoorsaam en die geestelike belange van elke vroue-lidmaat te bevorder.

Eensgesindheid en samewerking vereis dat voortdurend kontak gehou moet word met elke predikantsvrou en CVV lid. Briewe en kaartjies van bemoediging word op gereelde basis gestuur met Moedersdag, verjaarsdae, Kersfees en waar daar ‘n behoefte is. Die vroue van emeritusleraars asook damestudente se welstand lê ons na aan die hart.

Ons het almal voorbidding nodig en kan elkeen op só ‘n wyse betrokke raak deur ander se laste te help dra. Mag die Here u getrou hou om vir die Sentrale Kommissie met ons beplanning in gebed te dra.

Ons jaarlikse Vrouekamp gaan van krag tot krag en dit is ons visie dat vele dames geestelik opgebou sal word. Wysheid en insig word van die Here gebid in die opstel van die program.

‘n Behoefte aan ‘n mannekamp is aangespreek.

Alleen die toewyding van predikantsvroue, hul ywer en meelewing kan van die 2 -jaarlikse Kongres waartydens die Sentrale Kommissie aan die Kongres verslag doen, ‘n sukses maak.

Dis ons begeerte dat elke gemeentelike vrouevereniging saam sal werk en getrou hul tiendes en verslae sal opstuur.

Spesiale Fondsinsamelings word baie goed ondersteun en aangewend om onder andere jong gemeentes finansieel te ondersteun.

Spanwerk en die gebedsondersteuning van elke voorbidder maak dit moontlik vir die Sentrale Kommissie om te volg waar Jesus Christus ons lei.

Die toekomsdroom van die Sentrale Kommissie vir ons as Christelike Vrouevereniging se “bootreis” met Jesus as ons Stuurman, is om:

  • In LiefdeAanvaarding
  • NederigheidSaam te bid, te werk en te stry in die geloof
  • Met die Gesindheid van Jesus Christus

Sending

Die Sinodale Sendingkommise (SSK) se hoofdoelwit is die desentralisering van die sendingtaak vanaf die sinodale kommissie na die plaaslike gemeente. Aksie 1:8 is die frontorganisasie waardeur hierdie Bybelse doelwit op grondvlak deurgevoer word.

MOB vir die toekoms - Op pad die toekoms in is ons uitgedaag om te volhard en gerig op drie fokuspunte nl. Mobilisering, opleiding en bereiking (MOB).

Mobilisering

Elke Bybelse en evangeliese gemeente moet ‘n helder begrip hê van haar rol in die evangelisering van die wêreld.

Mobilisering van die kerk behels die proses om lidmate vanuit ‘n “passief-kerkbank-sittende-seën- ontvangende” posisie na ‘n aktiewe lewende entoesiastiese missionêre betrokke en strategies-dinamies uitlewing van die Groot Opdrag te verskuif.

Opleiding

Geestelike leiers moet opgelei en toegerus word om te gaan en ander te leer. Deeglike nasorg moet gedoen word. Jesus het gesê: “Gaan dan heen, maak dissipels en leer hulle .  Goeie opleiding en geestelike toerusting is integraal deel van die Groot Opdrag!

Bereiking

Die verlore wêreld moet met die beste nuus van Jesus se koms vir sondaars bereik word op elke en enige moontlike manier.

Elke land, stad, dorp, gemeenskap, familie, of etniese groepering moet binne bereik van ‘n evangeliese getuienis en kerk gebring word. Daarom is dit ons droom om elke kind van God in elke gemeente op een of ander wyse te betrek by die Groot Opdrag, want elke hand, almal se talente en gawes is nodig om hierdie groot taak uit te voer.

Net hierdie geslag gelowiges is verantwoordelik vir en kan hierdie geslag verlorenes bereik.

Met MOB in die visier vertrou ons die Here vir ‘n 1 000 voorbidders, 850 nuwe finansiële ondersteuners (Projek 850) en 10 nuwe gemeentes, wat ‘n bediening van totale evangelisasie sal implementeer. Dit is Hand. 1:8-gemeentes, vervul met die Heilige Gees en aktief in alle fassette by plaaslike, transkulturele en buitelandse evangelisasie betrokke d.m.v. gebed, finansies en spontane sendingaktiwiteite.

SPECIALS

EVENTS

PHOTO GALLERY

DOCUMENTS

MEET THE TEAM

NEWS BLOG