Loerie Nartjiefees

NG Kerk
Loerie, Eastern Cape
Loerie Nartjiefees Logo

NEWS BLOG

Nartjiefees 2018 bring die goeie tye na Loerie

Nartjiefees 2018 bring die goeie tye na Loerie

2 August 2018 by Supplied text

Die Nartjiefees is ‘n familie-vriendelike fees wat elke jaar in die Loerie gehou word, reg in die pragtige Gamtoosvallei. 29 September 2018 merk die 27ste jaar van hierdie merkwaardige fees. Hierdie fees is net die regte manier om jou gees te herlaai vir die laaste drie maande van die jaar, weg van al die gewoel en gejaag.

So wat kan jy verwag by Nartjiefees 2018? Wel om meet e begin is daar vele aktiwiteite van feesgangers van alle ouderdomme. Neem deel in die populere nartjie-eet kompetisie of skryf in vir die Mej Nartjiepit en Mej Nartjiefees kompetisies. Daar is ook vele ander aktiwiteite vir die kleintjies deur die loop van die fees.

Daar is talle heerlike kos en drink stalletjies om by te gaan smul asook uitstallers wat hulle vars plaas produkte verkoop ,en ook natuurlik die belangrike nartjie stalletjies. Feesganger kan uitsien na opwindende opvoerings deur top Suid-Afrikaanse sangers soos Snotkop, Sonja Heroldt, Juanita du Plessis, Jennifer Zamudio, Jak de Priester, Campbells, Dillon Lerm en Adam Tas. Onthou om jou kampstoel saam te vat vir hierdie opvoerings.

Die fees word oudergewoond afgesluit met ‘n feesdiens op Sondag oggend om 09:30. Almal is welkom om hierdie geleentheid by te woon.

Toegangsfooie vir Nartjiefees 2018 beloop R120 per volwassene en R50 vir laerskool kinders. Kinders onder 4 jaar kan die fees gratis bywoon.

Onthou asseblief dat geen piekniek mandjies of alkohol toegelaat word op die feesterrein nie.

Vir navrae kontak 082 318 6827 of 041 287 0634 of epos ngkerkloerie@lantic.net. Besoek ook ons webwerf www.nartjiefees.co.za vir al die fees besonderhede.


Family-friendly festivities at Nartjiefees 2018
2 August 2018

Family-friendly festivities at Nartjiefees 2018

by Supplied text
Nartjiefees is a family-friendly festival held every year in Loerie, situated in the picturesque Gamtoos Valley. Taking place on Saturday 29 September 2018, this year marks the 27th hosting of the festival. Away from the everyday hustle and bustle, this festival is just the place to recharge your...

REVIEWS

START YOUR REVIEW OF Loerie Nartjiefees
First, your rating here
 
Your review here
* * * * *
by Margaret V.
(2 Oct 16 @ 1:41 pm)

Net n vraag? Geen aktiwiteite vir klein kinders nie? Orals was my vier jarige te klein. Volgende jaar nog n pannekoekstalletjie asb! Een ver te min.
Jammer program vir kunstenaars was nie volgens plan nie.
Kon ook nie vierjarige inskryf vir Mnr Nartjiepit nie, weet nou nog nie hoekom nie?

Do you find this review...

* * * * *
by Helga B.
(14 Sep 16 @ 2:12 pm)

Went there when I was still in school (many moons ago +-16years ago), but the naartjie eating competition was exiting!

Do you find this review...

* * * * *
by Erik S.
(12 Sep 16 @ 3:30 pm)

The highlight of all my Nartjiefees events was 2013 when my daughter took stage for a fashion competition! She won 2nd prize! My wife and I and my parents stood there with proud faces as this little girl took her place. This festival is one in a million! Well done to all the organizers and staff. There was huge planning behind this event and I hope that every year is more successful than the last!

Do you find this review...

PHOTO GALLERY

ABOUT US

Die klein  Oos-Kaapse dorpie Loerie in die Gamtoosvallei is naby die Baviaanskloof Natuurreservaat (wat as ‘n Wêreld Erfenis Gebied verklaar is), geleë.

Alhoewel Loerie baie bekend aan besoekers vanaf Port Elizabeth op pad na die Baviaanskloof geleë is, is die dorpie veral bekend vir die jaarlikse Nartjiefees wat gedurende September gehou word.

Die Gamtoosvallei staan bekend as die groentemandjie van die Oos-Kaap. Verskeie groentesoorte word dwarsdeur die jaar op groot skaal produseer en na die markte in die Oos-Kaap, asook die res van Suid-Afrika gestuur.

Baie groot hoeveelhede sitrusvrugte – veral vir die uitvoermark – word hier verbou.

‘n Groot aantrekkingskrag by die fees is die groot hoeveelhede sitrusvrugte (veral nartjies) en groente wat by die fees verkoop word. Benewens die ander plaasprodukte- en eetstalletjies is die kunsmarkstalletjies welbekend en gewild onder feesgangers.

Bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars tree die dag by die fees op en bied die beste van Suid-Afrikaanse musiek aan die feesgangers.

Preto Aktiwiteite sluit in:

  • Spring Kastele
  • Kuns & kunsvlyt stalletjies
  • Naartjie-eet kompetiesie

Te koop:

  • Plaasvars groente
  • Naartjies
  • Etes: Nuwe spyskaart!!!

Vermaak vir die dag sluit in lewedige optredes deur plaaslike kunstenaars

Die fees is a viering van die vrugbare grond van die Baviaanskloof!

PROGRAM

Die volgende aanbiedinge sal beskikbaar wees:

  • Die soetste Nartjies
  • Plaasvars groente
  • Biltong
  • Pannekoek
  • Tuisgemaakte konfyt
  • Hamburgers
  • Boerewosrolle
  • Sosaties
  • Poeding en vele meer stalletjies!

Ons bied met trots aan hierdie jaar die volgende kunstenaars:

  • Dillon Lerm ( seremonie meester )
  • Sonja Heroldt
  • Jennifer Zamudio
  • Jak de Priester
  • Campbells
  • Snotkop
  • Juanita du Plessis
  • Adam Tas

Bring stoele saam, geen gazebo's en sambrele nie

*Geen piekniekmandjies of eet- en drinkgoed mag by die hek ingebring word nie. (Sal by die hek gekontroleer word)*

Program

  • 08:00 -  Opening & Dillon Lerm
  • 08:30 -  Sonja Heroldt
  • 09:30 -  Jennifer Zamudio
  • 10:30 -  Jak de Priester
  • 11:30 -  Campbells
  • 12:30 - Nartjie-Eet Kompetisie & Kroning
  • 12:45 - Dillon Lerm
  • 13:00 - Junita du Plessis
  • 14:00 - Snotkop
  • 15:00 - Adam Tas

Stalletjies vir die volgende produkte is beskikbaar:

JuwelierswareSpeelgoed
Plante en mosaiekCD's/DVD's en rekenaartoerusting
KlereBabaware
Kosmetiese produkteSuper 14 rugby items
AMC ClassisTupperware
PlastiektoebehoreHonde beddens
En nog baie meer

Alle eet- en drinkstalletjies; ingelegde vrugte; konfyt; grootkoeke; brood; beskuit; kleinkoekies; tuisgemaakte lekkergoed. Daar is reeds vir hierdie stalletjies voorsiening gemaak.

Die Kontakpersone is:

  • Stalletjies: Amanda Gerber:(042) 287 0634 of ngkerkloerie@lantic.net
  • Reklame: Herlien Moolman herlien@telkomsa.net

Borge:

Think Local

DOCUMENTS

Stalletjie Vorm
02 Aug 18

MEET THE TEAM

Amanda Gerber
Stalletjies
042 287 0634
Herlien Moolman
Reklame
042 287 0634
Ds Jasper Louw
Dominee
042 287 0634
John Wait
Nartjiefees Webblad

SPECIALS

EVENTS