Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum

Humansdorp Branch
38 Essenhout Avenue
Humansdorp, Eastern Cape
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum Humansdorp Logo

REVIEWS

START YOUR REVIEW OF Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum
First, your rating here
 
Your review here
* * * * *
by Lize M.
(8 Aug 16 @ 4:02 pm)

I go to Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum and is is a joy to be apart of a great group of Christians. I have really enjoyed their services on a Sunday and the difference they make in the community.

Do you find this review...

PHOTO GALLERY

ABOUT US

Die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum is ’n onafhanklike, outonome gemeente wat as ’n nie-winsgewende gemeente onder die Maatskappy Wet geregistreer is.

Dit is vir ons belangrik om steeds geestelik verantwoordbaar te wees. Die Heilige Gees (Hand 1:2) en God se Woord is steeds die enigste stemme wat ons sal volg en gehoorsaam.

Roeping

Die opdrag om hierdie gemeente te plant het gedurende April 2003 tot my gees gekom, op daardie stadium was ek die mede-pastoor by die AGS Deo Doxa gemeente te Jeffreysbaai gewees. Dit is kort daarna deur drie ander persone bevestig wat geen kennis van die voorgenome gemeente planting gedra het nie.

Ek en my vrou Maureen, het hierdie gemeente op Sondag 1 Junie 2003 in die Stulting Laerskoolsaal begin met 18 voornemende lidmate. Ons het vir bykans elf jaar lank kerkdienste daar gehou.

Die woord van die Here, wat met die opdrag gepaard gegaan het, was dat "Humansdorp lank genoeg die aspoestertjie in die geestes realm gewees het en dat haar tyd aangebreek het dat sy haar regmatige plek onder die ander prinsesse in die geestes realm moet gaan inneem." Tot nou toe is hierdie profetiese woord aangaande Humansdorp nie vervul nie.

Bedieningsontwikkeling

Ons het ons eerste diens in die huidige gebou te Essenhoutstraat, Humansdorp, op Vrydagaand die 11de April 2014 gehou.

Gedurende die laaste week van Junie 2015 lê God dit duidelik op ons harte om die bedienings orde van die AGS Kerk te bedank om ’n eie onafhanklike selfstandige gemeente te begin wat deur die Heilige Gees gelei word en wat as sulks sal funksioneer.

Die leiding van die Heilige Gees was so duidelik omtrent die saak dat die hele gemeente besluit het om saam met ons uit te stap om die nuwe gemeente te begin. Drie profete het die stap van gehoorsaamheid binne een week bevestig. Die profetiese woord was dat die dimensie wat die Koninkryk van God nou gaan inbeweeg van so 'n aard is dat dit geen opposisie sal duld nie.

Huidige Bedieningsklem

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum beklemtoon die belangrikheid van die herstel en terugkeer van die Apostoliese en Profetiese bedieningsgawes (Efe 4:8 en 11) met die gepaardgaande genadegawes (1 Korintiërs 12:5 - 11) in die Kerk van die Here Jesus Christus n.a.v. Efesiërs 2: 19-22, 4 en 1 Korintiërs 12:28.

Ons glo dat die Kerk van die Here gedurende die duisend jaar van geestelike duisternis baie kern waarhede verloor het. Die kerk hervormers het begin om na baie van die waarhede terug te keer en met die uitstorting van die Heilige Gees in die herlewing in Azusa straat (VSA) vroeg in die vorige eeu, het die kerk nog nader na die waarheid van God se woord teruggekeer.

SERVICES

Nuwe Lewe Bybelskool het volle en outonomiese akkreditasie en assosiasie van Therapon Universiteit (VSA) ontvang. Bo en behalwe die twee jaar Diploma Kursus waarin u uself kan bekwaam in ‘n voltydse bediening, bied NUWE LEWE BYBELSKOOL ook die geleentheid vir studente om `n verdere Universitêre Graad te verwerf deur Therapon Universiteit.

Nuwe Lewe Bybelskool se studie materiaal is absoluut Bybels gefundeerd en kan u meer sekerheid en kennis oor die Bybel gee asook die vrymoedigheid om dit aan ander oor te dra.

Die Visie van Nuwe Lewe Bybelskool is die effektiewe opleiding van studente in die Woord van God (1 Tim. 2:3 & 4) om hulle toe te rus ten opsigte van hulle intellektuele, emosionele en geestelike bekwaamhede, asook die uitbou van hulle vaardighede en so te verseker dat elkeen groei tot volwassenheid in Jesus Christus (Ef. 4:11-13).

Nuwe Lewe Bybelskool lei nie predikers op vir spesifieke kerke of denominasies nie, maar spesialiseer daarin om die kind van God vir sy/haar dienswerk toe te rus. Hierdie Bybelskool is nie geregistreer by SAKWA of enige Kerklike Denominasie nie. Ons is wel geaffilieer met DAMASKUS Bedieninge wat die afgestudeerde student sal orden en hulle ook voltyds sal gebruik.

Die diploma kursus behels 24 vakke oor twee jaar. Die eerste jaar het ten doel om die student op geestelike vlak te verryk. Die tweede jaar se vakke fokus op die geesteswêreld, Geestelike ontwikkeling en Teologiese onderwerpe. Studente wat nie in die Kouga area woonagtig is nie kan via e-pos studeer.

Dienste Tye

  • Woensdae 19:00  Midweekdiens
  • Vrydae 18:00  Tieneraksie
  • Sondae 09:00  Oggenddiens
  • Sondae 09:00  Kinderkerk
  • Sondae 18:30 Aanddiens

MEET THE TEAM

Past. Danny Boyens
Presiderende Pastoor
083 601 1485
Mev. Maureen Boyens
Pastoorsvrou / Sekretaresse
042 295 1615
Past. Celest Wait
Tiener / Jeugpastoor
082 741 0789

SPECIALS

EVENTS

DOCUMENTS

NEWS BLOG