Solidariteit Helpende Hand

 
Ficksburg, Free State
Solidariteit Helpende Hand Logo

REVIEWS

START YOUR REVIEW OF Solidariteit Helpende Hand
First, your rating here
 
Your review here

PHOTO GALLERY

ABOUT US

Wie is ons?

Solidariteit Helpende Hand is ’n welsynsorganisasie geskoei op die beginsels van die Helpmekaar-beweging van 1949. Ons fokus is om ? antwoord op die Afrikaner-armoedekrisis te vind deur ? verskeidenheid van projekte. Ons doen dit deur ons mense se armoede deur middel van onderskeie projekte te verlig, voorkom en te verbreek.

Nagenoeg 80% van ons tyd en bronne word aan die voorkoming van armoede bestee, terwyl die ander 20% tussen die verligting van armoede en die verbreking van die armoedekringloop verdeel word.

Verligting van armoede deur projekte

Helpende Hand het ? verskeidenheid van projekte wat daarop gemik is om die swaarkry van behoeftige mense te verlig. Dié projekte sluit die Kosblikkie-, Skooltassie- en #HelpHanna-projek in. Kinders word veral gehelp deur hierdie projekte, deur hulle te voorsien met ? daaglikse bord kos, skryfbehoeftes en sanitêre ware.

Die #geeREG- en Ons Mense-veldtogte fokus veral op volhoubare oplossings vir Afrikaners wat in informele nedersettings en ander moeilike omstandighede woon.

Helpende Hand se bejaarde-projekte wil ? einde maak aan die eensaamheid en armoede waarin baie van ons land se bejaardes leef.

Verder het Helpende Hand meer as 170 takke landwyd wat ons hande en voete in die gemeenskap is. Hierdie takke bestaan uit vrywilligers wat die nood van Afrikaners in hulle gemeenskappe identifiseer en dit dan binne die raamwerk van Helpende Hand aanspreek.

Voorkoming van armoede deur opleiding

Een van Helpende Hand se grootste fokusse is die opleiding van ons kinders en jongmense om daardeur te keer dat hulle in die kringloop van armoede beland.

Die Skoleondersteuningsentrum is gerig op die versterking van Afrikaanse onderwys op alle fronte. Vakverenigings vir Wiskunde-, Afrikaans-, Rekeningkunde- en Grondslagfaseonderwysers bied professionele ondersteuning aan onderwysers.

Die Studiefondssentrum bied rentevrye studielenings aan jongmense vir tersiêre studies. Tot op hede is daar al 6 981 studente met ? totaal van R126 miljoen gehelp.

Verbreking van armoede deur werkskepping

Helpende Hand wil seker maak dat elke Afrikaner wat wíl werk, ’n werk het om hulleself en hul geliefdes te onderhou. WerkNet is ? eenvoudige, gebruikersvriendelike webblad waar werksoekendes hulle CV’s kan oplaai en werkgewers poste kan adverteer.

Talentwerf is ? platform vir vryskutwerkers om hulle dienste te adverteer vir besighede wat opsoek is na ? talentvolle werker op kontrakbasis.

Waar kom ons geld vandaan?

Helpende Hand het meer as 30 000 ondersteuners wat per debietorder ? maandelikse bydrae maak. Ons ontvang geen hulp van die staat nie en is afhanklik van die bydraes van gewone mense om ons projekte te befonds.

PROJEKTE

Kosblikkie-Projek

Vir baie kleuters is die enigste bord kos wat hulle daardie dag sal kry om te eet, die bord kos wat hulle by die kleuterskool kry. Dit is waarom Helpende Hand die Kosblikkie-projek by skole bedryf. Ons navorsing het gewys dat die kinders gewig verloor gedurende vakansietye omdat hulle nie goeie selfs enige voeding ontvang by die huis nie.

Skooltassie-Projek

Die eerste dag van skool is ’n reuse-uitdaging vir enige kind en selfs nog meer so wanneer jy nie eers ’n potlood het nie. Die Skooltassieprojek is ’n nasionale projek waardeur alreeds 32 000 tassies aan behoeftige graadeens geskenk is sedert die projek in 2007 van stapel gestuur is. Die projek stel behoeftige graadeens in staat om hul skoolloopbaan op gelyke voet met hul klasmaats te begin.

#HelpHetta

Die #HelpHetta-projek verskaf sanitêre ware aan meer as 2700 skoolmeisies in +- 99 skole regoor die land. Helpende Hand hoofkantoor voorsien elke meisies drie maal ’n jaar van ’n Hanna-pakkie, terwyl Helpende Hand se landswye vrywilligertakke deurlopend produkte in hul gemeenskappe insamel en dit aan die Hetta-skole versprei.

GeeReg

Helpende Hand glo dat die publiek ingelig moet word oor die beste maniere waarop hulle behoeftiges kan help. Met die jaarlikse #geeREG-veldtog wil ons publiek herinner dat elke keer wat jy geld vir ‘n bedelaar langs die pad gee, verseker jy dat hy nog ‘n dag op daardie straathoek sal bedel. Die #geeREG-veldtog help jou om reg te gee.

Bejaardes

Bejaardes lê Helpende Hand na aan die hart en deur middel van verskeie inisiatiewe fokus Helpende Hand om persone ouer as 60 jaar te ondersteun, te bederf en te vereer. Terselfdertyd poog Helpende Hand ook om die Afrikaner-volk te leer om weer vir bejaardes om te gee sodat elkeen verantwoordelikheid kan neem vir die bejaardes in hulle lewens.

Pleegsorg

Oor die afgelope drie jaar het die hoeveelheid pleegouers in die land drasties gedaal. Vanaf meer as 570 000 pleegouers aan die einde van 2013 het dit tot 450 000 pleegouers in 2017 gedaal. Solidariteit Helpende Hand het ? spesiale platform bekendgestel om die te kort aan te spreek en die proses vir moontlik pleegouers makliker te maak.

Testamentêre Bemakings

Die bemaking van ’n erflating of bates in ’n boedel aan ? nie-winsgewende organisasie of welsynsorganisasie (wat aan die voorskrifte van Inkomstebelasting-wet voldoen) is volgens Artikel 4h van die Boedelbelastingwet aftrekbaar van die nettowaarde van ’n boedel voordat die boedelbelasting bepaal word..

WerkNet

Die werksportaal in jou taal! Laai jou CV, soek werk of plaas ‘n pos in Afrikaans! Hierdie is ? gratis diens aan werksoekers en werkgewers waar jy self poste kan opsoek of laai om ‘n geskikte kandidaat te kry. Werknet is ‘’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand – nog een van die projekte waar ons poog om Afrikaner-armoede te verlig, voorkom en verbreek.

Talentwerf

Talent in jou taal! Talentwerf is ? platform om vryskutwerkers en besighede bymekaar te bring. Dit gee vryskutwerkers wêreldwyd die geleentheid om projekte te vind waar hul met hul talente kan woeker en vir werkgewers om eenmalige projekte deur kundiges in hul veld te laat voltooi. Word deel van ’n groeiende groep mense wat nuwe geleenthede sien om ‘n inkomste verdien.

Saffas

SaffasHelp is ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat daarop gemik is om fondse uit die buiteland te genereer in die stryd teen Afrikaner armoede. Die verwagting is dat die fondse ‘n standhoudende bron van inkomste aan Solidariteit Helpende Hand- besorg vir die uitrol van ons projekte en sodoende die voorkoming, verligting en te verbreking van Afrikaner armoede.

Maatskaplik

’n Groot deel van Solidariteit Helpende Hand se werk fokus op die verligting van die swaarkry van weerlose mense – kinders gestremdes en bejaardes. Ons glo dat hierdie groep mense onvoorwaardelik bygestaan moet word.

SPECIALS

EVENTS

DOCUMENTS

MEET THE TEAM

NEWS BLOG