Vermillian Paint

Manufacturer of Problem Solving Paints Northern Cape Branch
Servicing Northern Cape
 
Based in Philipstown, Northern Cape
 
 
Vermillian Paint Northern Cape Logo

REVIEWS

START YOUR REVIEW OF Vermillian Paint Northern Cape
First, your rating here
 
Your review here

PHOTO GALLERY

ABOUT US

Vermillian-Verf: Aanhouers wen, ‘n kort weergawe van die afgelope 45 jaar.

Die storie van Vermillian Verf strek oor vyf dekades, twee generasies van die Vermeulen-gesin en oor die lengte en breedte van die land.

Die verhaal begin by Koos Vermeulen wat in die sewentigerjare as jongman by die Silverton fabriek van die verf-vervaardiger Cedar Radex (later net Cedar) begin werk het. Sy kennis van verftegnologie het vinnig opgebou en Koos het mettertyd vir homself en sy gesin ‘n toekoms as entrepeneur begin sien.

Dit was nog nooit maklik om met weinig kapitaal ‘n besigheid te begin nie maar Koos het deurgedruk. Hy het begin met rooi oksied staal onderlaag wat hy in ‘n ou wasmasjien op ‘n plaas buite Hartebeespoort naby Pretoria gemaak het. Die wasmasjien het nie lank gehou nie: die seëls en rubbers van die wasmasjien het sag geraak en die masjien is oplaas verwoes.

Koos moes gou plan maak . Hy het daardie verf verkoop en van die opbrengs gebruik om ‘n nuwe hoëspoed elektriese motor aan te koop. Net daar het Vermillian Verf sy beslag gekry want toe was Koos in staat om meer verf te produseer asook meer kleure tesame met ‘n verskeidenheid van ander produkte.

Nie een om op sy louere te rus nie, in 1996 neem Koos die groot stap om sy familiebesigheid in ‘n beslote korporasie te omskep en sy verf in ‘n fabriek naby die spoorweg terrein in Capital Park, Pretoria te vervaardig. Met die hulp van sy familie het die onderneming uitgebrei van een winkel, na drie takke; gou was daar agt takke van Vermillian Verf regoor Pretoria.

Koos het sy seun Johan, toe nog ‘n tiener, begin touwys maak in verftegnologie en Johan het op sy beurt verdere klasse by van hulle verskaffers soos Servochem en ICC geneem.

En toe gebeur die ondenkbare. Koos is betrokke in ‘n padwoede ongeluk; waarna hy nooit sy bewussyn herwin nie. Die gesinsman en entrepeneur sterf tragies in 2011.

Maar die noodlot was nog nie klaar met die Vermeulen-gesin nie. Die Vermillian verf- fabriek brand in 2014 af met die gevolg dat die agt florerende takke ook moes sluit.

Gelukkig was dit nie die einde van die Vermillian en Vermeulen storie nie. Johan, wat inmiddels na die Noord-Kaap verhuis het, het besef dat dit die streek is waarin al die Vermillian produkte tot die uiterste beproef kan word. Want die Noord Kaap se son is die ergste in die land, dis die plek waar die teerpaaie in die somer aan die smelt raak. En in die winter ontvries die waterpype dikwels eers na elf soggens. Nou, met Johan aan die stuur gaan Vermillian Verf weer van krag tot krag.

Verdere goeie nuus: noudat die maatskappy direk in die middel van die land gesetel is, is dit moontlik om die Vermillian produkte makliker regoor die land en teen ‘n fraksie van die eertydse fooie te vervoer met behulp van die koerier, The Courier Guy De Aar.

Besoek gerus Vermillian se vriendelike webtuiste http://www.vermillianpaint.com vir nuwe produkte en pryse.

Kontak hulle gerus vir verdere navrae of bestellings by 071 940 7500 of jy kan ook een van hulle agente kontak wat moontlik nader aan jou is vir vriendelike en vinnige diens. Johan Vermeulen in die Noord Kaap by 078-782-5034, Wayne Dalziel in die Oos Kaap by 082 626 8635, Johan Wilhelm in Port Alfred by 072 966 7692, J.P de Beer in Gauteng by 060 803 4073, Vincent Kruger in Klerksdorp by 072 545 8455 of Paul Nipper in George by 072 305 0155.

Gaan kyk gerus na hulle ander unieke produkte wat slegs by Vermillian Verf beskikbaar is. WDL vir vogwering, Silver Aluminium vir pale en dakke, Black Strap Bitumen Seëlaar vir enige hout of 100% skoon Iscor Teer vir die plaas.

Lees gerus ook van hulle ander berigte op Pro Agri

https://proagri.co.za/vermillian-verf-troef-roes-met-verust/

https://proagri.co.za/vermillian-verf-troef-roes-met-verust-2/

https://proagri.co.za/beskerm-jou-bates-vermillian-werk-vir-boere/

https://proagri.co.za/vermillian-verf-boender-kieme-uit-met-waterdigting/

https://proagri.co.za/vermillian-stop-jou-lekkery-met-lekkerkry/

https://proagri.co.za/bly-koelkop-met-die-verf-wat-kan-dink/

https://proagri.co.za/ruk-die-werf-reg-vir-2013-vermillian-maak-dit-maklik/

https://proagri.co.za/vermillian-beskerm-boere-se-bates/

https://proagri.co.za/nanotegnologie-klein-deeltjies-verseker-groot-doeltreffendheid/ 

SERVICES

MEET THE TEAM

Johan Vermeulen

SPECIALS

EVENTS

DOCUMENTS

NEWS BLOG